Monday, July 02, 2007

Pers Vrystelling: Klippekou deur Frans Botes

Just Done Publishing 

Just Done Productions wil graag die vrystelling van 'n nuwe boek aankondig: Klippekou deur Frans Botes.
KlippekouDie skrywer is ‘n voormalige kolonel van die ou SA Weermag se dae. Agv swak gesondheid moes hy die SAW verlaat in 1990, kort voordat hy ‘n pos in die buiteland sou aanvaar.

In November 2004 beleef hy ‘n ernstige terugslag, tot so ‘n mate dat ‘n sekere spesialis in Engeland hom slegs een jaar gee om te bly lewe.

Hierdie is ‘n versameling van nuusbriewe en stories wat die skrywer vir een jaar deel met sy vriende, kollegas en familie wat hom en sy gesin in moeilike tye getrou bystaan. Die leser sal soms ervaar hoe die skrywer stoei met homself, sy siekte, sy desperaatheid, vrese en sy omstandighede, maar telkens kom hy opnuut tot die besef dat sy heil slegs in God te vinde is. Die een oomblik gaan dit fisies met hom baie goed, net om dan weer die volgende oomblik in die hospitaal te beland. Sy gesondheid ry die hele tyd wipplank, so ook sy gemoed.

Hierdie verhaal is nie om aan ander Christene voor te skryf hoe om te leef nie. Dit is slegs die klankbord van ‘n soldaat wat sy lewe voluit gelewe het en nou in moeilike tye klippe gekou het om te oorleef. Dit is sy getuienis.

Internasionale bestellings http://www.Lulu.com/justdone en plaaslike bestellings http://www.justdone.co.za

Author Frans Botes
Cover Type Paperback
ISBN-10  
ISBN-13 978-1-920169-60-2
No of Pages 123
Size A5
Publication Date 27 June 2007
Lulu ID 884060

Just Done Productions - Publishing is a company located in Durban, Kwa-Zulu Natal, South Africa. We pride ourselves on producing quality, professional press-ready manuscripts for publication. We offer a publication option that allows the author to publish without spending any of their own capital ... and yet to receive a professional service. Your manuscript can be turned into a book. Contact publish@justdone.co.za for more information.
Just Done Productions cc
CK2004/021143/23
Cell: 083-3888290
Fax: 086-5052478
publish@justdone.co.za
http://www.justdone.co.za Just Done Productions Website
http://www.lulu.com/JustDone/ Just Done Productions books on Lulu.com



--
To update your preferences visit this link
To unsubscribe from this list visit this link
To forward this message to someone else visit this link

Powered by PHPlist2.10.3, &copy tincan ltd

No comments: