Wednesday, November 19, 2014

[JDPUB: 167] new book: Die Groot Bohaai oor Tienkie Malan - Isabel Hartman

 

JUST DONE PRODUCTIONS has published

Die Groot Bohaai oor Tienkie Malan - Isabel Hartman R140

 

Martine woon op ’n Vrystaatse plaas en word soos ’n plein oujongnooi behandel terwyl haar populêre niggie Anita, wenner van ’n sangkompetisie, almal se hartelief is. Honger vir geselskap, begin sy kuier in die ongure ‘kleurlingdorp’, Wyerton, en haar vriendskap met die rissiepit Gerda – onder andere – ontstel haar familie geweldig. Maar Martine se gesondheid is ’n bron van kommer. Sy beland in die hospitaal waar sy nuus ontvang wat haar totaal uit haar grense laat breek. Pleks van die dokter wie haar van kindsbeen af ken te raadpleeg, nader sy Simon Oosterman, ’n alternatiewe geneser met ’n boheemse voorkoms en ’n onsekere reputasie. Vir ’n ruk lank is sy diep gelukkig, maar dan kom sy agter dat alles nie noodwendig is soos dit lyk nie...

 

Na ’n sorgvrye jeug as plotkind op die vlaktes van Wes-Transvaal is Isabel Hartman tans woonagtig in Kwa-Zulu Natal, waar sy vir twintig jaar lank musiekonderwyseres was by verskeie Durbanse skole. Sy bied lesse aan in djembe-trom, klavier, teken, skilder en drama. Terwyl sy deurentyd stories skryf en illustreer, liedjies komponeer en toneelstukke skep, is haar besondere passie alternatiewe onderwys deur middel van die kunste.

 

Die Groot Bohaai oor Tienkie Malan is haar eerste roman in Afrikaans.

 

·         Sagteband, A5, 340 Bladsye

·         ISBN: 978-1-920702-12-0

 

To order/ Bestel: http://www.justdone.co.za

Bookshops may contact us to place an order with special discount.

Various payment and postal options are available .You may pay via credit card using Paypal. EFT is referred to as BANK WIRE on the site.

The ongoing postal strike may add a delay to the delivery of your order.

 

Thank you – Should you experience any problems whilst placing on order, please contact us

publish@justdone.co.za

 

 

Shirene Dovey

Just Done Productions

http://www.justdone.co.za

publish@justdone.co.za

 

No comments: