Thursday, September 18, 2008

AFRIKAANS BOOKS/ AFRIKAANSE BOEKE

Die boek 'Someone to Love 'deur Dean Roberts is nou beskikbaar in Afrikaans - Dierbare Geskenk R50

Dierbare Geskenk is 'n storie van liefde; 'n ware verhaal van gewone mense wat probeer om 'n verskil in een seuntjie se lewe te maak.

Die storie gaan oor 'n erg mishandelde 4 jaar oue seuntjie wat die lewe van sy pleegsorg ouers aangeraak het in die tydjie wat hy by hul was. Dit is geskryf deur 'n Suid Afrikaanse pleegsorg ouer. Die boek boei die leser en neem jou deur die frustrasies, probleme , oorwinnings en hartseer wat DJ, sy moeder en pleegouers gely het. DJ se fobies en talle ander probleme word in die boek uiteengesit en Dean deel mee die wyse hoe hy en sy vrou dit hanteer het.

DJ was geheel en al onmatig; hy het sy bed nat gemaak. Hy wou of kon nie praat, behalwe in een woord sinne. Hy het die brein kapasiteit van 'n 18 maande oue kind gehad; alhoewel hy al 4 jaar oud was. Hy wou glad nie met ander kinders speel, wat net een van die klein 'dingetjies' was wat die pleegma laat besluit het dit is beter om DJ in 'n instituut te sit.

Wat merkwaardig is, is dat hy 'n totale ander kind geword het in die kort tydjie wat hy by sy pleegouers deurgebring het. Hy kon reageer op liefde, kon praat en het baie van sy probleme oorkom. Mense wat hom voorheen geken en gesien het, kon nie glo dat dit dieselfde kind is.

DJ het in die Robertse se sorg gekom as 'n 'beskadigde' kind, en daar is gesê dat hy vertraag is. Gewone liefde en sorg het 'n wonderbaarlike verandering in die klein suntjie gebring. Die tragedie het gekom toe hy moes weggaan van sy pleegouers af.

Dean en Marlene Roberts het oor die jare al meer as 13 pleegkinders versorg, almal met hul eie unieke stel probleme. DJ was die eerste.

Hierdie boek word sterk aanbeveel aan enigiemand wat meer inligting en verstandhouding wil hê van die probleme wat pleegouers in Suid Afrika meemaak asook die impak van mishandeling. Dit bring die erge mishandeling van kinders in ons land na vore en die impak wat klein tekens van liefde en sekuriteit kan bring.

Bestel op http://www.justdone.co.za/ of stuur epos aan publish@justdone.co.za of faks 086 505 2478

Internasionale bestellings http://www.lulu.com/content/2344458

Pitkos Padkos - Daan Fouche R160

Pitkos Padkos bevat 366 vertroostende, maar tegelyk selfondersoekende dagstukkies waarin die genade van ons Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees ryklik na vore kom.

Elke dagstukkie laat die suiwer lig van God se Woord in die veelkleurige heerlikheid van sy straalbreking op die verskeidenheid van die lewe val. Hierdie dagboek dek die lewe van die Christengelowige in sy stryd en sy oorwinning; in sy siekte en gesondheid; in sy twyfel en sy geloof, en veral in sy vertroue dat God daagliks uit sy Vaderhand sal voorsien in al sy behoeftes.

Uit die goudmyn waaruit hy al soveel jare kosbare goud delf, deel die skrywer met milde hand hierdie kosbare kleinode vrylik uit. Met egte pastorale empatie bemoedig hy elke leser dat elkeen wat op God vertrou:-

· in teëspoed geduldig en in voorspoed dankbaar kan wees, en ook vir die toekoms ʼn vaste vertroue kan hê dat niks hom of haar van God se liefde kan skei nie aangesien alles so in sy hand is dat hulle sonder sy wil nie kan roer of beweeg nie;

· verseker kan wees dat niks by toeval nie, maar dat alles uit God se voorsienige Vaderhand kom;

· nooit honger en dors sal kry nie tot in ewigheid.

Die oordenkings is só innig en gevoelvol dat die leser in die hart geraak word. Om hiervan te lees is soos ʼn warm geestelike bad in die rykdom van God se onverdiende genade.
Uittreksel:16 SEPTEMBER IN NIKS … IN ALLES

"Wees in niks besorg nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend." (Fil. 4:6)

Besorgdheid is so algemeen as die sonde waaruit dit gebore is. Want besorgdheid is ten diepste niks anders nie as wantroue in God wat voorsien. Die ergste is dat nie net die wêreldlinge nie, maar ook die kinders van God, wat beter dinge as aardse goed besit, dikwels gebuk gaan onder die euwel van besorgdheid.

Hoe is dit egter moontlik om nie besorg te wees nie, terwyl daar soveel dinge is wat die sorge van die lewe by die dag laat toeneem? Hoevele vra nie in hierdie tyd van ongekende werkloosheid: "Wat sal ons eet en wat sal ons drink en wat sal ons aantrek nie?" En nou kom God in sy Woord en eis van die gelowiges om in niks besorg te wees nie! So wyd en omvattend as kan kom - in níks!

Let op die duidelike teëstelling: in níks … in álles: "Maak in álles julle begeertes deur gebed met danksegging aan God bekend." (v 6) Want die doeltreffendste geneesmiddel teen besorgdheid is danksegging in die besef dat alles wat jy ontvang en besit en geniet, genadegawes van God is. Deur sy almagtige en alomteenwoordige krag onderhou en regeer God alles. Ons noem dit sy voorsienigheid. As kinders van God kan ons vas vertrou op sy belofte dat Hy in al ons lewensbehoeftes sal voorsien. Dit beteken egter nie dat Hy ons alles sal gee wat óns dink ons nodig het nie, maar dat Hy ons slegs sal gee wat Hy dink vir ons die beste is. Eers op die nuwe aarde onder die nuwe hemel sal ons nie nodig hê om méér te begeer as wat ons dán sal hê nie! Maak só in alles jou begeertes aan God bekend. Hy sal jou om Christus wil uit sy vaderhand versorg met alles wat jy nodig het vir tyd en ewigheid. En jy sal ondervind dat dit wel moontlik is om in niks besorg te wees nie, soos dit ʼn gelowige betaam!

Dr. Fouché is tans emeritus predikant van die Gereformeerde Kerk Potgietersrus–Wes en woon vanaf 1985 in Potgietersrus. Na ʼn jaar as Latyn onderwyser en ʼn verdere twee jaar as dosent in Klassieke tale aan Unisa, het hy hom as predikant gaan bekwaam. Uit sy pen het etlike vakkundige publikasies verskyn waaronder twee proefskrifte: "Die Romeinse begrip van onsterflikheid," (D.Litt - Latyn) en "Luther se doopbeskouing." (ThD - Dogmageskiedenis) Sedert sy emeritaatsaanvaarding (1996) het hy hom meer op die skryf van geestelike boeke en artikels begin toespits. Tot op datum het hy vier preekbun­dels die lig laat sien.

Bestel op http://www.justdone.co.za/ of stuur epos aan publish@justdone.co.za of faks 086 505 2478

Internasionale bestellings http://www.lulu.com/content/2154935

Ander Afrikaans boeke beskikbaar
Bestel op http://www.justdone.co.za/

Askies, Meneer Wikkelspies



Askies, Meneer Wikkelspies
Rona Marx R60.00

Die Dobbelspel van 'n Diplomaat



Die Dobbelspel van 'n Diplomaat
André Johan Bosman R160.00

Die Engel in die Hangkas



Die Engel in die Hangkas
Rona Marx R85.00

Klippekou



Klippekou
Frans Botes R140.00

Lêwetrie stories



Lêwetrie stories
André Marx R65.00

Oom Grompie: Luister Mooi



Oom Grompie: Luister Mooi
Gerrie Hugo R40.00

Room full of Whispers. As ek Fluister, Sal jy Luister?



Room full of Whispers. As ek Fluister, Sal jy Luister?
Anitha Queck R75.00

No comments: