Thursday, April 15, 2010

[JDPUB: 127] PERSVERKLARING - EK WAS DAAR- NUWE UITGAWE deur Philip en G.S. Venter

 

Ek was Daar (hersiene uitgawe) deur Philip Venter en G.S. Venter is nou beskikbaar vanaf Just Done     R165

 

 

Ek was DaarNa agt jaar op universiteit, en met ‘n tas vol grade, was Philip Venter reg vir ‘n verandering van pas. Hy is weermag toe om te leer om ‘mannedinge’ te doen. So leer hulle hom toe om beddens op te maak, vloere te skrop, klere te stryk en krane te poleer. En dit was maar net die begin...

 

Hierdie hersiene uitgawe van die klassieke boek vertel die storie van een lid se oorgang van student na soldaat. Maar dit is veel meer: Die verhaal van die S.A.W. en die manne wat daarvan die beste weermag van sy tyd gemaak het.

 

A5, 232 bladsye

 

Die staaltjies in hierdie boek het al volksbesit geword, want dit is skreeusnaaks... maar pasop! Te midde van die gelag slaan die werklikheid van die opoffering op die hardtreffendste manier deur... en deurgaans het die leser die sekerheid dat dit is hoe dit werklik in die weermag was...

 

Wat ander lesers van “Ek was Daar” vertel:

“Dit is presies hoe dit daar was. As jy nooit daar was nie, en regtig wil weet, wel dis hoe dit was.”

 

“My man het die afgelope tien jaar nog net een boek gelees, en hy lees dit die hele tyd.”

 

“Naas my Bybel is hierdie boek my kosbaarste besitting.”

 

“Ek het eers net gelag en toe aan die huil geraak. Die kroegman wou weet hoekom. Toe wys ek hom. Toe huil hy saam met my.”

 

“Ek was Daar” is oorspronklik in 1996 nasionaal in boekwinkels vrygestel en was binne ‘n ommesientjie uit druk.

Hierdie is ‘n hersiene uitgawe daarvan en is omvattend bygewerk en van vooraf uitgelê. Dit is ‘n baanbrekersboek wat nie bloot ‘n string staaltjies aanmekaar rits nie, maar wat die voorvalle en wendings tematies groepeer. Soos alle uitstaande boeke, is hierdie een bevolk met uitspattige en kleurvolle karakters soos Spaarvarkie, die korporaal, die eenheidsbevelvoerder bekend as die KGB, die patetiese (maar effektiewe) sappeur Piater en ‘n mal Italianer wat die township-krisis wil reg skiet met sy fraaie klein “ghoen...”

 

“Ek was Daar” sou wonderlike stof vir ‘n TV-reeks gewees het. Dit is reeds ‘n kultusboek en bestem om ‘n nasionale vertellingskat te word.

 

Bestel van http://www.justdone.co.za/shop of stuur epos aan publish@justdone.co.za

Faks 086 505 2478

 

INTERNASIONALE BESTELLINGS: BETALINGS KAN NOU VIA PAYPAL GEMAAK WORD- maar net in US DOLLARS.

 

 

Shirene Dovey

Just Done Productions

http://www.justdone.co.za

 

No comments: