Friday, March 30, 2007

Press Release: Askies, Meneer Wikkelspies - Rona Marx

Just Done Publishing 

Just Done Productions – Publishing would like to announce the release of a new book –Askies, Meneer Wikkelspies by Rona Marx. This volume of poetry is written in Afrikaans.

Askies, Meneer Wikkelspies by Rona Marx - Front CoverThe poems are rooted in contemporary culture – titled ‘Afrikaners is Plesierig’, ‘Die Taal’, ‘Straatvrou’ and ‘Engel van die Sand’ to name a few. The multi-layered poems cover a range of experiences from the struggles of life, love, pure joy to spiritual awakening. The author demonstrates her love for the Afrikaans language through her sense of delight in the power and meaning of words.

 "Daar is niks nuuts onder die son nie. Tóg tree daar so dan en wan ‘n stem na vore met ‘n vars perspektief op die alledaagse. Iemand wat dieper kan sien as net die gewone, en dit vir die leser kan vertaal; kan beskryf.

In haar eerste samevatting van gedigte, skets Rona Marx haar wêreld in eg-Afrikaans. Sommige woorde sal die leser byderwets vind, maar ander,  amper-vergete woorde is afgestof en blink gepoets en gebruik op ‘n manier wat ons herinner aan die uitdrukkingskrag, die rondheid, die kreatiwiteit, van die Afrikaanse Taal.

Hier sal die leser ‘n spektrum ondervindings en beskrywings vind: liefde, swaarkry, spirituele ontwaking, hartseer, vreugde sonder grense… En elkers diep getref word deur laag op laag betekenis en beskrywing."

Geniet die twee gedigtes van die boek / Enjoy these two poems from the book:

Die Taal
Ek verheug my in
Die taal
Van my Siembamba dae
Wat my tong laat rol
En my keelgat bevry
Vir jare het ek geswerf
Verkies om daai universele taal
Te praat en te droom
Want vir té lank was jy verkrag
Misbruik tot die voordeel
Van mense wat jou wou inspan
Om te haat
Te vernietig
Te mishandel
Maar ons twee is terug
En ons maak weer kennis
Ek ontdek en onthou jou weer
Dag vir dag
Oomblik vir oomblik
Jy bevry my tong;
My siel
Ek kan weer vryelik uitdrukking gee
Uitdrukking gee
Aan my binneste
Die gevoelens wat opborrel uit my maag
En ek is bly jy’s terug
En ek is bly ek’s terug
O skone Taal
Mooie tongval
Van hier af stap ons twee saam
Die toekoms in.

Ag, verskoon tog
Jy sit altyd i before e, except after c en onthou tog om jou t’s ge-cross en jou i’s ge-dot te kry
Voor jy kan keer stuur hy vir jou ‘n e-mail en jy trap die clutch
En jy wonder wat is die beste Cee-Dee om te koop vir die paartie
en solank dit tog net leather seats het
en moet net nie vergeet hoe cool dit jou gaan maak voel nie
Maar die lewe in die Nuwe Suid-Afrika is amazing soos paptert en Nkosi Sikelel’ en alles
en maak tog seker die kinners gaan Crawford toe
En moet tog net nie die Taal te suiwer praat nie,
want dis mos die language van die oppressor
en ons moet mos maar altyd en vir ewig skaam bly
en die kruis dra en askies sê
Probeer tog om nie met té veel van ‘n Afrikaanse aksent te praat nie –
probeer maar eerder soos ‘n Ingelsman klink
Want dit is die stront innie mond vannie môre stond
Want die taxman gaan jou bliksem
en die spietkop gaan jou vang
as jy daai pirate DVD’s koop by die hawker op die hoek van die straat
Vir ewig en altyd in jou moer in
AMEN

 This book is available in South Africa from the Just Done Productions webpage at http://www.justdone.co.za/ for R60.00 (ex p&p)

Author Rona Marx
Cover Type Paperback
ISBN-10 1-920169-50-4
ISBN-13 978-1-920169-50-3
No of Pages 28
Size A5
Publication Date 30 March 2007
Lulu ID 767458

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Just Done Productions - Publishing is a company located in Durban, Kwa-Zulu Natal, South Africa. We pride ourselves on producing quality, professional press-ready manuscripts for publication. We offer a publication option that allows the author to publish without spending any of their own capital ... and yet to receive a professional service. Your manuscript can be turned into a book. Contact publish@justdone.co.za for more information.
Just Done Productions cc
CK2004/021143/23
Cell: 083-3888290
Fax: 086-5052478
publish@justdone.co.za
http://www.justdone.co.za Just Done Productions Website
http://www.lulu.com/JustDone/ Just Done Productions books on Lulu.com



--
To update your preferences visit this link
To unsubscribe from this list visit this link
To forward this message to someone else visit this link

Powered by PHPlist2.10.3, &copy tincan ltd

No comments: